Vandat ek uitgevind het ek is swanger, was my een groot behoefte om so natuurlik as moontlik deur die geboorte proses te gaan. Daarom, was ek so gou as wat ek kon by Midwives Exclusive. Ek het van die begin af geglo dat my lyf tenvolle in staat is vir geboorte. Tot daar nie rede was om n C-section te moet doen nie, wou ek n natuurlike geboorte hê. As n natuurlike pynverligting metode, het ek en my man n Hypno Birthing kursus voltooi. En as deel van om gesond en sterk te bly tydens swangerskap, vir vinnige herstel na kraam en ook om te help met die geboorte, het ek gereelde Pilates klasse gedoen.

Ek het nog altyd gedink dat enigiemand wat dit ‘mis’ om in kraam te gaan moet so out of touch met hulle lywe wees. Maar nou ja, ek trek my woorde terug. Ek was een van hulle.

Ek het die heeldag ongemaklike period- like cramps gevoel. Maar niks daarvan gedink nie, want iewers het ek gelees dat die verskil tussen Braxton Hicks en regte surges is dat Braxton Hicks voel mens van onder af boontoe en regte surges werk andersom. Maar teen 17:00 het ek my midwife laat weet van die krampe want ek besef toe as dit nie regte surges is nie, dan behoort kraam naby te wees.

Sy laat weet my toe dat dis alles goeie tekens, ons mag dalk aksie hê binne ‘n dag of so. Ek moet haar net op hoogte hou van veranderinge en probeer rus, water bly drink en darem so bietjie eet. So toe is ek rustigheid van self en sit toe op my bal en doen so bietjie asemhalimgsoefeninge en bewegings wat my beter laat voel.

Toe my man by die huis kom sê ek vir hom om asb die mense wat sou kom kuier te kanselleer want ek voel ongemaklik en baie moeg. Ons begin toe om ‘n paar last minute baba goed klaar te kry en hy hou my toe so dop en vra op ‘n stadium of dit wat ek nou ervaar normaal is. Want dit wat ek as net krampe toeskryf lyk vir hom baie erger. Maar dis regtig gewees soos erge period cramps. Ek sê toe vir hom dis sekerlik nog nie active labour nie want my water het nog nie gebreek nie en die mucus plug is ook nog nie uit nie.

Maar die heeltyd moes ek omtrent elke 2min gaan piepie. Teen 19:00 het ek diluted blood in my panty gesien en Ek laat weet toe my midwife. Steeds sê sy wees net rustig, drink water en eet bietjie. So toe hou ek aan soos ek doen. Ons het aandete gemaak maar ek het nie veel van ‘n eetlus gehad nie. Rondom 20:00 het ek weer bloed in my panty gekry wat die keer meer soos period bloed lyk. Ek skree toe uit die badkamer vir my man om vir die midwife te laat weet. Die midwife sê toe vir hom om vir my ‘n bad te tap en te kyk wat die bloeding en kontraksies maak.

Die bad was amazing! Dit het die krampe se pyn verlig en my hele lyf het net beter gevoel en begin ontspan. Ek het ‘n ruk in die bad geslaap en my man het toe net heeltyd my dop gehou om die surges te begin time. Dit was toe nog 7min uit mekaar en net 30sek lank. Maar toe op ‘n stadium het dit begin erger word. Toe voel ek dit in my rug en hy laat weet toe vir die midwife van die verloop van sake en vra of sy nie sal deurkom om te kyk of als nog okay is nie. Sy sê toe dat ons haar by die birth house moet ontmoet. Maar toe hy sê ek moet opstaan, aantrek en kar toe, sê ek vir hom ek kan nie loop nie en ek wil toilet toe. Hy help my toe uit die bad uit na die toilet toe en bel vir ons doula om te vra dat sy na ons toe moet kom vir die aand.

Terwyl hy met haar praat kry ek een massive surge. Die pressure in my pelvis was intense. Maar dit het gevoel soos wanneer mens erg constipated is. Toe die surge verby is voel ek tussen my bene en skree toe vir my man (wat nog met die doula op die foon is) dat ek die kop kan voel. Daarna kry ek nog ‘n intense surge en toe is baba se kop uit en breek my water eers… Toe die kop heeltemal uit is, het al die pressure opgehou en daar was instant relief oor my hele lyf. My arme man het nog nooit so groot geskrik nie… Hy bel toe vir die midwife om haar te vertel van die verwikkelinge. Sy het vir hom gesê as baba uit is moet ons net skin to skin en dan vir haar wag, sy is oppad. Dit was seker net nog twee surges toe is baba se lyf ook uit. Toe die lyf uit is het ek haar self ontvang en teen my bors gehou. Ek het toe op die toilet gesit met haar teen my bors en toe wag ons vir die midwife. Sy was 10min na die oproep by ons voordeur en terwyl ek op die toilet sit en my man vir haar gaan oopmaak het, het die plasenta ook gekom. Die midwife het my toe in die badkamer kom help, en my man gehelp om die naelstring te sny. My man het toe kans gekry om skin to skin te hê met baba terwyl die midwife my gehelp het om gou af te spoel in die stort.

As ek terug dink, iets van in die water sit, my man sê stem en die focused breathing, was my wat my gehelp het om te my ‘birthing body’ te vind. My man sê hy kon dit sien. En dis te danke aan die hypno birthing klasse wat ons voor die tyd gedoen het. Niks tekens het daarop gedui dat ek so ver in kraam is soos wat ek eintlik was nie.

Dit was ‘n amazing experience. Intense en glad nie soos ons beplan het nie. Maar regtig amazing. Ons het ‘n totale natuurlike geboorte gehad, met geen distractions of interventions nie. Dit was amazing om te kon voel hoe my lyf en baba net weet hoe om met mekaar te werk. Dit was ongelooflik hoe instink net oorgeneem het, en ek glad nie aan enige iets hoef te gedink het nie.